Piouter

Piouter

Op 20 & 21 April het ons Piouter werkswinkels aangebied en die dames het dit vreeslik geniet om hulle eie juweel-boksies van Piouter te maak. Piouter is die ideale medium om iets klassiek mooi te maak, veral vir geskenke vir geliefdes.
Omdat piouter ‘n sagte metaal is, is dit baie maklik om mee te werk en om ou en nuwe items op te kikker.
Alhoewel piouter in die Britse Era gebruik is as eetgerei, word dit nou meer gebruik vir dekoratiewe items.
Kom kyk gerus by HABiTAT na ons wye reeks van piouter gereedskap en boeke.

X